Local newsNews

Klasieke voertuie die sterre van Just Wheels opedag

Die tema vir die dag was Japanese voertuie, maar 'n magdom ander klasieke voertuie was ook te siene.

Die Just Wheels Motor- en Trekkerklub het die jaar afgeskop met hul eerste maandelikse opedag op 25 Januarie.

Besoekers is bederf met ’n indrukwekkende versameling van klassieke voertuie, ’n vlooimark met verskeie stalletjies, en belangstellendes kon ook bloed skenk.


@brakpan_herald

Die maandelikse opedag van die Just Wheels Motorklub in #brakpan het gesorg vir groot genot vandag, 25 Januarie. Die opedag gebeur aan die einde van elke maand. #classiccar #vlooimark #fleamarket #karskou

♬ original sound – Brakpan_Herald


Die vroue van die VLU Brakpan-tak het ook hul bydrae gelewer deur pannekoek te verkoop ten bate van fondsinsameling.

Hoewel die tema van die dag klassieke Japanese voertuie was, was daar ook ’n groot verskeidenheid ander klassieke motors te sien, wat motorliefhebbers se aandag behoorlik getrek het.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button