Local newsNews
Handgemaakte items is in die kollig by Minnebron Valentynsdagmark
Die mark vind plaas by die Ou Apostoliese Kerk in Minnebron, en gaan hand- en tuisgemaakte produkte uitstal.
Die Ou Apostoliese Kerk in Minnebron hou op 14 Februarie ’n Valentynsdagmark op die kerkgronde in Rossouw Crescent.
Besoekers kan uitsien na ’n verskeidenheid hand- en tuisgemaakte produkte, waaronder speelgoed, eetgoed, skrop-en-soek, asook iets besonders vir die lyf én die siel.
Die mark is van 09:00 tot 13:00, en die toegang is gratis. Skenkings vir winterklere en komberse is welkom vir die kerk se liefdadigheidsaktiwiteite.
Daar is nog stalletjies beskikbaar, met en sonder kragpunte. Om jou stalletjie te bespreek, kontak Trudie de Beer by 072 961 7089.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



