Local newsNews

Brakpan verwelkom Northam Wolves in openingsronde

Die Bosman Stadion is môre die middelpunt van aksie wanneer Brakpan sy Sibanye Super Liga seisoen teen die Northam Wolves afskop.

Die Brakpan Rugbyklub kom môre (Saterdag) in die openingsronde van die Sibanye Super Liga teen die Northam Wolves te staan.

Die wedstryde vind tuis plaas en die publiek word uitgenooi om ’n dag van aanskoulike rugby te geniet.

Die volgende wedstryde word op die A-veld beslis:
• Brakpan o18 vs Elsburg o18 (vriendskaplik) om 13:00
• Brakpan se tweedes vs Northam Wolves om 14:40
• Brakpan se eerstes vs Northam Wolves om 16:00

Op die B-veld sal Brakpan se o21’s teen Delmas se eerstes om 15:00 die stryd aansê.

“Ons nooi ons ondersteuners, klublede en die publiek uit om die dag saam met ons by die Bosman Stadion te geniet,” het die voorsitter van die klub, Frikkie Bosman, gesê.

Toegang is R20 per persoon en R30 per voertuig. Geen koelhouers word toegelaat nie.



LEES OOK: Empty bowls at Brakpan SPCA as tinned food supplies run critically low

LEES OOK: SASSA Saves R44m a month through social grant reviews

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button