Local newsNews

Brakpan klop Nelspruit oortuigend in Sibanye-Stillwater Superliga kragmeting

Brakpan se eerste- en tweedespan het Nelspruit oortuigend geklop om hul momentum in die Superliga verder te versterk.

Die Brakpan Rugbyklub het Saterdag weer hul teenstanders op die agtervoet gedwing.

Beide die eerste en tweede span het in die tweede ronde van die Sibanye-Stillwater Superliga hul staal teen Nelspruit gewys en oortuigend geseëvier om hul plek as ernstige aanspraakmakers verder te verstewig.

Die eerste span het ’n oorwinning van 31-25 behaal.

Alhoewel die reën ‘n groot invloed op die wedstryd gehad het en veral balbeheer bemoeilik het, kon die spelers daarin slaag om teen rustyd met 12-3 voorgeloop.

Die donderweer het veroorsaak dat die wedstryd vir ‘n paar minute stil gestaan het maar kon nietemin voortgaan.


Brandon Smit was die eerste span se Speler van die wedstryd wat hier deur die span kaptein, Ruben Beytell geluk gewens word. Foto: Verskaf

Die span se drieë is gedruk deur Wesley Noeth, Thinus Ueckermann, DeWet Rademan en Ruben Beytell (2).

Tjaart Scheepers het verder punte bygevoeg met die drie doelskoppe waarmee hy geslaag het.

Brandon Smith het ’n kookwater wedstryd gespeel en is daarvoor beloon deur as Speler van die wedstryd aangewys te word.

Vir die tweede span was dit ’n veel makliker taak om hul opponente met uitnemende spel te oorheers en uiteindelik met ’n oorwinning van 79-19 van die veld te stap.

Brakpan speel Saterdag in die derde ronde van die Sibanye-Stillwater Superliga in ’n wegwedstryd teen Sasol Rugbyklub.




ALSO CHECK: Connection Hub builds momentum ahead of Small Business Expo

ALSO CHECK: Carnival City donates clothing to Elethu Home for the Disabled

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button