Local newsNews

Waterlek veroorsaak erge ongerief, skade vir egpaar

Die Tweedy Park inwoners het op vakansie gegaan en teruggekeer na 'n sopnat huis en hul klagtes val op dowe ore.

‘n Bejaarde egpaar, Thinus Maritz en sy vrou, Susan, het sowat drie weke gelede (begin Februarie) van vakansie teruggekeer na hul huis in die Tweedy Park-kompleks, net om sopnat vloere in hul woonplek aan te tref.

Die oorsaak? ‘n Ondergrondse pyp wat by die ingang van die huis gebars het, met die gevolg dat water deur enige kraak in die vloer of muur opstoot.

In ‘n klagte aan VF+-raadslid Riaan van Zyl het Thinus die situasie as “enkel-diep” water beskryf. Die egpaar se buurvrou, Anna Ackerman, ondervind ook dat daar water in haar huis opstoot.

Handdoeke wat permanent aan die wasgoedlyn hang om droog te word, getuig van die voortdurende stryd om die vloere droog te probeer hou. Volgens Thinus is die oplossing eenvoudig.


LEES OOK: Skenk gif, sproeiers vir Tweedy Park weeluis behandeling


“Hulle moet net ‘n pypkonnekteur aanbring op die twee punte waar die huidige pyp nie onder die grond is nie en die water herlei,” sê hy.

Susan, wat weens emfiseem van ‘n suur-stofmasjien afhanklik is, is veral bekommerd oor haar toerusting.

Hoewel die lek hoofsaaklik die ingangsportaal raak, het water reeds tot in hul slaapkamer gevloei. Enige skade aan die toerusting kan groot finasiële implikasies hê of vir Susan sonder die nodige suurstof laat.

Thinus is ook bekommerd oor die verhoogde valrisiko, wat vir Susan ernstige gevolge kan inhou. Susan is op haar beurt bekommerd oor verdere skade aan hul meubels indien die lek voortduur.


Handdoeke wat permanent aan die wasgoedlyn hang om droog te word, getuig van die voortdurende stryd om die vloere droog te probeer hou. PHOTO: Charma du Plessis

Die paartjie woon al sowat 10 jaar in die huis, maar Thinus sê hulle oorweeg dit ernstig te trek om nader aan familie te wees.

Hoewel hulle lank gelukkig daar gewoon het, het probleme die afgelope paar jaar begin toeneem.

Volgens hulle het ‘n loodgieter sowat ‘n week gelede die lek kom inspekteer, maar sedertdien is geen herstelwerk gedoen nie.

Die Stad van Ekurhuleni het die aanstelproses van kontrakteurs vir herstelwerk en instandhouding voltooi. Werk het reeds op 19 Februarie begin, en die herstelwerk op die eenheid is geprioritiseer, en sal binnekort voltooi word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button