Skenk gif, sproeiers vir Tweedy Park weeluis behandeling
Bejaarde inwoners van die Tweedy Park woonsteleenhede ly al maande onder ’n ernstige weeluisplaag.
Die agt-verdieping woonstelblok van die Tweedy Park-kompleks is oortrek met weeluise, wat die bejaarde inwoners jeukerig en ellendig laat voel.
Hierdie probleem duur al maande, en die Brakpan Herald het reeds daaroor berig in April verlede jaar (“Gebreekte vensters, weeluise en kokkerotte teister bejaardes by Tweedy Park”, 10 April 2025).
Francoitte van den Heever, saam met ’n paar ondersteuners, beplan om die hele woonstelblok met ‘n paar agtereenvolgende behandelings te besproei om die plaag uit te roei.
Hiervoor benodig hulle gif en toerusting. Die beoogde gif is bekend as Blue Death-poeier (Multi-insect), en hulle benodig ook groot hoeveelhede paraffien sowel as 16 liter drukbesproeiers.
Selfs kontantdonasies om toerusting en gif aan te koop sal waardeer word. Sodra daar genoeg voorraad is, sal die proses begin.
Skenkings kan by Bothastraat 17, Brenthurst afgelaai word. Vir meer inligting kan VF+ Rdl Riaan van Zyl by 081 060 5329 gekontak word.
LEES OOK: Tutela Gesinsorg bied unieke geleenheid vir kunstenaars aan
LEES OOK: Dalview shooting leaves woman injured, cellphone stolen



