Local newsNews

R10 000 kontantprys van VC SPAR aan Laerskool Die Arend

Die wenskool is bepaal deur klante wat strokies in hul gunsteling skool se boks gegooi het.

VC SuperSPAR, Dalview se bestuur het 15 Maart ‘n kontantprys ter waarde van R10 000 oorhandig aan Laerskool die Arend.

Die kompetisie vir die prys het behels dat klante van die winkel hul betaalstrokies in ’n houer geplaas het om hul gunsteling van die deelnemende skole te ondersteun.

Die boks met die meeste strokies in het die prys gewen, en Laerskool Die Arend was die gelukkige skool.

Hoewel dit die eerste jaar is wat VC SPAR die kompetisie aanbied, beplan die winkel se bestuurder, Hein Buitendag, om dit in die toekoms weer te doen.



ALSO READ: Fill a bag with books or clothes for R100 at Brakpan SPCA’s Bargain Barkers Thrift Store

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button