Local newsNews

Laerskool Dalview onderwyser groet na 37 jaar

Meneer Sakkie Loots groet die onderwys en die skool na 37 jaar se diens by Laerskool Dalview.

Na 37 jaar van toegewyde diens het Sakkie Loots onlangs by Laerskool Dalview afgetree.

Hy het sy loopbaan in 1989 as ’n jong en entoesiastiese onderwyser begin en oor die jare ’n betekenisvolle rol in die skool en gemeenskap gespeel.

Gedurende sy loopbaan het hy talle veranderinge in die onderwys beleef en met wysheid en aanpasbaarheid elke uitdaging aangepak.

“Loots se passie vir onderwys en sy toewyding aan sy beroep het hom laat uitstaan. Hy is mettertyd bevorder tot departementshoof en kort daarna tot adjunkhoof, waar hy ’n sterk leiersrol vervul het,” het Anelene Cilliers, woordvoerder vir die skool gesê.

“Hy het nie net leerders gelei en gevorm nie, maar was ook ’n mentor en inspirasie vir baie jong onderwysers.

“Hy sal onthou word as ’n lojale en geëerde man wat sy werk met integriteit en oorgawe verrig het. Sy nalatenskap leef voort in die talle lewens wat hy aangeraak het.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Supplied content

This content originated outside of Caxton Local Media, but we thought that you might find it interesting.

Related Articles

Back to top button