Local newsNews
Brakpan DBV hou jaarvergadering
Die Brakpan DBV nooi inwoners om hul Jaarlikse Algemene Vergadering op 27 Junie by te woon
Die Brakpan Dierebeskermingsvereniging (DBV) hou sy Jaarlikse Algemene Vergadering op 27 Junie.
Die vergadering vind om 14:00 by Jenni’s Barista, geleë te Hendrik Potgieterstraat 61, Dalview, plaas.
Die vergadering bied gemeenskapslede die geleentheid om terugvoer te ontvang oor die vereniging se aktiwiteite, prestasies en toekomstige planne.
Inwoners wat die jaarvergadering wil bywoon, word versoek om hul bywoning teen nie later nie as 16 Junie te bevestig deur ’n e-pos aan fundraising@brakpanspca.co.za te stuur.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



