Local news

Opvolg: Nagwaak vir vermoorde man gehou

Sy vrou, Elain (36) en hul enigste seun Barend (18) was ook teenwoordig.

’n Somber atmosfeer het gisteraand (Woensdag) geheers toe ’n groot groep mense ’n nagwaak bygewoon het vir die vermoorde Hendrik van Dyk (46).

Van Dyk is Saterdagaand dood toe hy slegs meters van sy woonstel in Goodsweg toe hy vermoedelik verskeie kere met ‘n mes of ’n ander skerp voorwerp gesteek is.

Sy liggaam is Sondagoggend vroeg ontdek, nadat ’n groot groep rolspelers en vrywilligers na hom gesoek het.

Lees: Man se lyk ontdek nadat vrou sy pantoffel raaksien

Vriende, familie en belangstellendes het gisteraand, ten spyte van die reën, saamgekom op die presiese plek waar Van Dyk se liggaam in ’n sloot gevind is.

Sy vrou, Elain (36) en hul enigste seun Barend (18) was ook teenwoordig.

Mense het kerse vasgehou en blomme geplaas om hul laaste eer te betoon.

Die nagwaak is deur die VF Plus raadslid Riaan van Zyl, wat ’n vriend van die gesin is, georganiseer.

‘n Groot groep van die Brakpan Gemeenskappolisiëringsforum (GPF) het diens gedoen by die nagwaak en gesorg dat die verrigtinge glad verloop en die verkeer nie ontwrig word nie.

‘n Aangedane Van Zyl het gesê die gemeenskap van Brakpan moet saamstaan teen misdaad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Stacy Slatter

News editor Stacy Slatter is a seasoned journalist with 20 years of experience in community news. Throughout the years, she has covered a wide range of topics, from crime, municipal news and human interest stories, to sports and community events. Stacy also has extensive sub-editing experience.

Related Articles

Back to top button