Hoërskool Die Anker matrieks se harde werk word met onderskeidings beloon
Vier leerders van die skool het almal vier of meer onderskeidings ingepalm.
Die harde werk van Hoërskool die Anker se matrieks in 2025 het vrugte afgewerp.
Vier van die skool se leerders het vier of meer onderskeidings behaal in die 2025 Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-eksamen.
Die skool se top presteerder is Krizé Joubert, wat ses onderskeidings in Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, lewensoriëntering, wiskunde, rekeningkunde en rekenaar-toepassingstegnologie behaal het.
Sy gaan medies by Tukkies studeer.
Zander Esterhuizen het vier onderskeidings – besigheidsstudies, Engels eerste addisionele taal, toerismebedryf en wiskundegeletterdheid gekry. Hy gaan tydelik werk en later besluit oor verdere studies.
Sarah Bosley het onderskeidings in lewenswetenskappe, lewensoriëntering, Engels eerste addisionele taal, en rekenaar-toepassingstegnologie. Sy wil ook by Tukkies studeer en kyk na genetika as ‘n veld van studie.
Anja Havemann het onderskeidings in Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, lewensoriëntering en toerismebedryf.
Sy gaan binnekort haar lewensreddersertifikaat ontvang, en gaan vir eers werk as ‘n sweminstrukteur vir kinders.






