Brakpan Rugbyklub klop Springs Peregrine Liga wedstryde
Brakpan Rugbyklub het Saterdag ’n sterk vertoning gelewer deur al drie hul Peregrine Liga-wedstryde teen Springs Rugbyklub te wen, met die eerstespan wat ’n oortuigende 48-12 oorwinning behaal het.
Brakpan Rugbyklub het Saterdag die botoon gevoer teen Springs Rugbyklub tydens hul Peregrine Liga-wedstryde, met drie oortuigende oorwinnings.
Die twee buurdorpe is al jare lank in ’n taai rugbystryd gewikkel, maar Brakpan het weer gewys waarom hulle ’n gedugte teenstander is.
Die o21-span het eerste die toon aangegee met ’n wegholoorwinning van 86-5. France Nosenga is ná die wedstryd as speler van die wedstryd aangewys.
Die tweedespan het teen ’n meer vasberade Springs-span te staan gekom, maar steeds ’n goeie 24-5 oorwinning behaal. Divan Broodryk het die speler van die wedstryd toekenning ontvang.
Die grootste opwinding van die dag was egter die kragmeting tussen die eerstespanne.
Brakpan se voorbereiding het duidelik vrugte afgewerp en die span het uiteindelik gemaklik met 48-12 gewen. Tjaart Scheepers is as speler van die wedstryd aangewys.
ALSO READ: Brakpan SAPS invites community to monthly stakeholders meeting
ALSO READ: CoE responds to mounting complaints at Tweedy Park Old Age Home



