Local news

Laerskool Brakpan-Oos se 90ste bestaansjaar word behoorlik gevier

Laerskool Brakpan-Oos het 90 jaar se geskiedenis gevier met ’n feestelike naweek vol herinneringe, vermaak en ’n kosbare skenking uit die verlede.

Die Laerskool Brakpan-Oos het die afgelope naweek sy 90ste bestaansjaar saam met die gemeenskap gevier met ’n feesviering op Saterdag, gevolg deur ’n spesiale kerkdiens Sondagaand in die skoolsaal.

Die Kapperjolle Fees het gesorg vir ’n dag vol pret en vermaak, met verskeie stalletjies, heerlike eet- en drinkgoed, asook ’n spesiale opvoering deur die leerders.

Die skool se ryk geskiedenis is ook vereer toe ‘n oud-leerder van die skool, Eldrick Mynhardt ’n waardevolle historiese item aan die skool se argief geskenk het.

Hy het sy Graad Sewe-afskeidboekie uit 1969 aan die skoolhoof, William Daniels oorhandig.

“Ons was verstom om hierdie kosbare stukkie geskiedenis te ontvang en is ongelooflik dankbaar dat hy gekies het om dit met ons Oosies-familie te deel,” het skoolhoof William Daniels gesê.


Van die ondersteuners wat Saterdag die koue trotseer het om die skool se feesvieringe te ondersteun. FOTO: Charma du Plessis

Phillip van Heerden was opgewonde om ook sy deel by te dra vir die Kapperjolle Fees. FOTO: Charma du Plessis

Shanay du Randt was een van die leerders wat met oorgawe aan die skool se Kapperjolle Fees deelgeneem het. FOTO: Charma du Plessis
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button