Local news

Gedenkdiens vir adv Dick Hattingh word Maandag (17 Augustus) gehou

Die gedenkdiens vind Maandag om 12:30 by die Brakpan Rugbyklub plaas.

Die gedenkdiens vir adv Dick Hattingh word Maandag 17 Augustus om 12:30 by die Brakpan Rugbyklub te Abercornstraat 11 vir familie, vriende en kollegas gehou.

Sedert dit bekend geword het dat die gerespekteerde regsman oorlede is, het huldeblyke ingestroom.

Een van vele inskrywings op die Herld se Facebook-blad lees: Hy was altyd vriendelik waneer ek hom by die hof raakgeloop het. Mag hy in vrede rus — Hester Kroukamp.

Hattingh, wat sowat 36 jaar aan die Brakpan Landdroshof verbonde was en as senior staatsaanklaer gedien het, is ná ’n stryd teen leukemie oorlede.

Hy was ook bekend vir sy besondere betrokkenheid by die Brakpan gemeenskap.

Lees die volledige berig hier: Adv Dick Hattingh onthou vir sy diens aan Brakpan gemeenskap

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button