Local news

Brakpan Blazers slaan oefeninge volstoom aan

Brakpan Blazers Krieketklub is volstoom aan die gang met voorbereidings vir die nuwe liga-seisoen en nooi jong spelers tussen sewe en 17 jaar om aan te sluit.

Brakpan Blazers Krieketklub is volstoom aan die gang met voorbereidings vir die nuwe liga-seisoen en nooi jong krieketspelers tussen die ouderdomme van sewe en 17 jaar om by die klub aan te sluit.

Die klub bied jong krieketliefhebbers die geleentheid om deel te word van ’n span waar vriendskappe gebou word, talent ontwikkel en spanwerk aangemoedig word. Bowenal glo die klub daarin om pret te hê en ’n liefde vir krieket te kweek.

Oefeninge vind by Hoërskool Stoffberg se sportgronde plaas. Die o8 en o10-spanne oefen op Dinsdae en Donderdae van 17:00 tot 18:00.

Die o12-span oefen op Dinsdae en Woensdae van 16:45 tot 18:00. Die o14 en Colts-spelers oefen op Dinsdae en Woensdae van 16:00 tot 18:00.

Liga-wedstryde begin aan die einde van September, maar volgens die klub is deeglike voorbereiding van kardinale belang om gereed te wees vir die nuwe seisoen.

Belangstellende spelers en ouers kan die voorsitter, Francois Botha, by 076 187 1904 vir meer inligting kontak.


LEES OOK: Sonneveld-skuts skiet hul pad na die SA-span oop

LEES OOK: Gauteng to modernise traffic signals as province tackles cable theft and vandalism

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button