Local news

Brenthurst inwoner vier haar 90ste verjaarsdag

Anna Swart, of ouma Anna soos sy bekend is het die spesiale dag in haar lewe saam met vriende en familie gevier.

Brenthurst inwoner, Anna Swart het op 19 September ’n besondere mylpaal bereik toe sy haar 90ste verjaarsdag in die geselskap van familie en vriende gevier het.

Dit was vir haar veral spesiaal om die dag saam met haar susters, Hannetjie Naudé en Leetie Bezuidenhout, asook haar swaer, Toppie Swart, te kon geniet.

Die jarelange inwoner van die dorp het in 1968 saam met haar oorlede eggenoot, Buks Swart, na Brakpan verhuis.

Dit is hier waar hulle hul nes kom skop het en waar Anna steeds woon.

Ouma Anna, soos sy alombekend is, het vyf kinders. Haar drie kinders, Dirk Swart, Sarie Booysen en Annetjie Goosen, is steeds deel van haar lewe, terwyl haar twee seuns, Fanie Swart en Hankie Swart, reeds oorlede is.

Sy is ook geseën met 11 kleinkinders en 17 agterkleinkinders. ‘n Groot hoogtepunt van Anna se dag was die teenwoordigheid van die bekende Country sanger Barbara Ray.

Barbara was ook teenwoordig toe Ouma Anna, wat ’n groot aanhanger van Barbara is, tien jaar gelede ook haar 80ste verjaarsdag saam met haar gevier het.


ALSO CHECK: Cupcakes for San Michele on Heritage Day

ALSO CHECK: Shuffling Walking Team marks 15 years with R400 000 raised for cancer care

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button