Local sport

Brakpan Rugbyklub klop Grizzlies in eerste Gold Cup kragmeting

Saterdag se wedstyd skop om 16:00 af en die publiek word uitgenooi om die Panne te gaan ondersteun.

Brakpan Rugbyklub se eerste span het Saterdag die 2026 Pick n Pay Gold Cup uitstekend afgeskop.

Brakpan het in hul eerste Gold Cup-wedstryd, onder die kapteinskap van losskakel Tiaan Schoeman, met 25–16 teen die Grizzlies Rugbyklub geseëvier.

AJ le Roux, op flank het sy kant gebring in die wedstryd en is na afloop daarvan as speler van die wedstryd aangewys.

“Ons het ‘n positiewe dag op die veld beleef en die spelers en afrigters se voorbereiding en opoffering het vrugte afgewerp,” het Frikkie Bosman, voorsitter van die Brakpan Rugbyklub gesê.

“Dit is ‘n merkwaardige prestaie om tussen die top 16 gemeenskapsklubs in SA te wees vir 2026 Gold Cup,” het hy bygeoeg;

Saterdag draf Brakpan in hul volgende kragmeting uit teen die Wit Rivier Rugbyklub

“Indien ons ‘n oorwinning behaal kan dit beteken dat ons onder die top agt sal eindig,” het Bosman gesê.

“Ons klub werk as ‘n eenheid saam en die spelers, afrigters en bestuur het gedurende 2026 hard gewerk om sukses te bereik sonder die teenwoordigheid van ‘n hoofborg,” het Bosman gesê.

“Ons mikpunt vir 2027 is om ‘n hoofborg vir ons klub te bekom en ons is tans oop vir enige voorstelle of aanbiedinge,” het hy bygevoeg.

Saterdag se wedstyd skop om 16:00 af en die publiek word uitgenooi om die Panne te gaan ondersteun.


LEES OOK: Laerskool Die Arend se entrepreneurs woeker met hul talente

LEES OOK: Victory for Joynt and Hicks at Ekurhuleni Senior Ladies Golf betterball competition

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button