Local news

Brakpan VLU sluit jaar af met verkiesing, prysuitdeling

Die Brakpan-tak van die VLU het die takbestuur weer verkies tydens die jaar se afsluiting voor hulle prysuitdeling gehou het.

Die Brakpan-tak van die Vroue-Landbouvereniging (VLU) het op Dinsdag 10 November sy laaste vergadering van die jaar gehou.

Tydens die vergadering is ’n nuwe takbestuur verkies, waarna die lede die jaar se prestasies en harde werk tydens ’n feestelike prysuitdeling gevier het.

Die verkiesing is deur Marie Clark van die Kempton-tak behartig. Die vroue wat tans die rolle van voorsitter, visepresident en tesourier beklee, is herkies.


Jackie Lavos en Engela de Villiers. FOTO: Charma du Plessis.

Dit sluit Delores van Rooyen (voorsitter), Jackie Lavos (visepresident) en Sylvia Smith (tesourier) in. Ná die verkiesing het die tak se jaarlikse interne prysuitdeling plaasgevind.

Delores van Rooyen het trofeë vir gebak, naaldwerk, handvlyt, gevorderde blommerangskikking en fotografie ontvang. Sy het ook algeheel die tweede meeste punte behaal.

Mary-Ann Sargeant was afwesig, maar het die eerste plekke in preserveerwerk, hekelwerk, breiwerk en kuns behaal. Sy was algeheel derde met punte.


Delores van Rooyen ontvang een van haar trofeë van Jackie Lavos. FOTO: Charma du Plessis.

Sylvia Smith het trofeë vir masjienborduurwerk en beginnersblommerangskikking ontvang. Sy het ook die eerste plek algeheel behaal.

Amanda Swanepoel het die ope afdeling gewen, Engela de Villiers het die toekenning vir die mees entoesiastiese lid ontvang, en Wella Davie is aangewys as die staatmaker (vonkelvrou) en skottelgoedwasser van die jaar.

Wella het saam met haar trofee vir skottelgoedwasser van die jaar ’n oulike voorskoot ontvang, waaroor sy baie in haar noppies is.



ALSO READ: Residents warned to register CCTV cameras or risk removal

ALSO READ: Gauteng warns job seekers of fake job opportunities and human trafficking

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Supplied content

This content originated outside of Caxton Local Media, but we thought that you might find it interesting.

Related Articles

Back to top button