BlogsOpinion

In die kollig

Leer ken Michael Momberg.

Michael Momberg, (59), is die voorsitter van die Just Wheels Motorklub. Hy is getroud met Jane en die egpaar, wat in Springs woon, het twee kinders, Karen (36) en Michael (31).

• Jy is die voorsitter van die Just Wheels Motorklub. Hoe het jy by die klub betrokke geraak?

Deur middel van ‘n kollega wat my aan Bart Zaayman voorgestel het. Bart was op daardie stadium die byeenkomsbeplanner van die klub en is tans steeds in die amp.

• Wie kan by die klub aansluit en hoe moet hulle te werk gaan?

Enige wiele en siele met ‘n passie vir klassieke oudtydse voertuie.

• Wat is jou gunsteling voertuig?

Ford Mustang.

• Wat is jou huidige voertuig?

1972 Ford Capri V8 Parana.

• As jy onbeperkte fondse het en ‘n nuwe voertuig kan koop, wat sou dit wees?

Ford Mustang.

• Wie bestuur beter? Mans of vroue?

Mans.

• Wat is jou beroep?

Vroeë afgetrede pensionaris.

• Kyk jy ooit TV en waarna kyk jy?

Ja ek kyk graag Gas Monkey Garage, Overhaul, Fastfit, Ignition en natuurlik rugby.

• As jy enige sportster in die wêreld kan wees, wie sou dit wees en hoekom?

Felix Coetzee, die suksesvolle jokkie, want ek wou van skooldae af ‘n professionele jokkie geword het.

• Wat maak jou dadelik kwaad?

Ek kan dit nie verdra as mense skinder nie.

• Waar is jou gunsteling vakansiebestemming?

Enige plek in die bosveld.

• Wat sal dit wees? Braaivleis of gekookte kos?

‘n Lekker bord gekookte kos sal altyd wen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button