BlogsEditor's choiceOpinion

Ons sal sien wie die laaste lag

Gesteelde plante veroorsaak woede vir die Brakpan-Sentraal inwoner.

Ewert Vosloo skryf per e-pos:

Ek woon in Brakpan-sentraal en soos baie ander inwoners in my omgewing probeer ek my tuin en sypaadjie netjies hou.

Ongelukkig is daar mense wat dink dit is aanvaarbaar om ander mense se plante te steel.

Sedert die begin van Desember is daar drie keer plante, wat op die sypaadjie geplant is, gesteel.

Lees ook: Groen vingers sorg vir goudgeel verrassing

Ek kry nie die goed verniet nie. Ek betaal daarvoor en ek betaal ook die tuinier wat dit vir my plant.

As jy so graag plante wil hê, klop aan my deur en vra my.

Dit is net ‘n kwessie van tyd voordat ek die skuldige persoon gaan uitvang en dan sal ons sien wie die laaste lag.

Volg ons: 

Instagram

Twitter

Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button