Local sportSport

Duiweklub se nuutse uitslae – week 6

Nuutste uitslae van Brakpan Duiweklub.

Brakpan Duiweklub se sesde wedvlug van die seisoen het Saterdag, vanaf Tromsburg, so gemiddeld 490km soos die duif vlieg, plaasgevind.

Die jong duiwe is om 7.45vm vrygelaat en Cyril Jasper het die eerste duif om 12.57.12 geklok, met ‘n wenspoed van 1 535.861 meter per minuut.

Die Smit Familie (André Smit) is tweede geklok (13.03.05), met n spoed van 1 35.726 meter per minuut, en Thinus Janse van Rensburg is derde.

Hy het om 13.06.09 geklok, teen ‘n spoed van 1 531.077 meter per minuut.

Die ope wedvlug is om 8.30vm vrygelaat en Botha en Kleindogters (Hennie Botha) het gewen.

Hy het om 13.50.18 geklok, teen ‘n spoed van 1 532.309 meter per minuut.

Cyril Jasper het tweede en derde geklok — albei duiwe saam om 13.43.13 — teen ‘n spoed van 1 530.875 meter per minuut.

Vir enige navrae oor die klub of die sport, kontak vir Frik Smith, voorsitter, by 071 481 2438, of André Smit, wedvlug sekretaris, by 327 11827, of kom kuier Donderdagaande in Boundryweg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button