Editor's noteSchool sportSport

Klein Arende hardloop vir ’n vale

Dit was gisteraand (Maandag) ’n vrolike en kleurvolle aand op die sportgronde van Laerskool Die Arend.

Honderde ouers en ondersteuners van die skool se graad een en twee leerders het opgedaag vir die skool se jaarlikse interhuisbyeenkoms wat spesiaal vir die jonger leerders van die skool gehou word.

Vanjaar is geen moeite ontsien om die kleintjies super opgewonde te kry vir die geleentheid nie.

Die verskillende spanne het almal volgens ’n tema aangetrek en ’n optog het die verrigtinge aan die gang gesit.

Opgewonde ouers, oupas, oumas, ooms, tannies, boeties en sussies het die kleintjies luidkeels aangespoor.

Op die einde van die aand was goeie sportmanskap en tevrede, maar moeë kindertjies die wenners.

Kyk hier na meer foto’s:

Sportbyeenkoms vir Laerskool Die Arend se jonger atlete (1)

Sportbyeenkoms vir Laerskool Die Arend se jonger atlete (2)

Sportbyeenkoms vir Laerskool Die Arend se jonger atlete (3)

Sportbyeenkoms vir Laerskool Die Arend se jonger atlete (4)

Sportbyeenkoms vir Laerskool Die Arend se jonger atlete (5)

Sportbyeenkoms vir Laerskool Die Arend se jonger atlete (6)

Sportbyeenkoms vir Laerskool Die Arend se jonger atlete (7)

Sportbyeenkoms vir Laerskool Die Arend se jonger atlete (8)

Related Articles

Back to top button