Editor's noteSchool sportSport

Die Anker wen Intertegnies vir die sesde jaar

Om die kersie op die koek te plaas is die skool se seuns- en dogterspanne ook aangewys as die top spanne van die byeenkoms.

Hoërskool Die Anker het vanjaar vir die sesde agtereenvolgende jaar die AATH-skild (Atletiek Assosiasie vir Tegniese Skole) gewen.

Om die kersie op die koek te plaas is die skool se seuns- en dogterspanne ook aangewys as die top spanne van die byeenkoms.

Skole wat saam met Die Anker deelgeneem het is: Springs Boys’ and Girls’ High, Hans Moore, Primrose, Pretoria Tuine, HTS Springs en Elspark.

Die Anker se seunsspan was heel bo aan die punteleer met 828 punte, gevolg deur Springs Boys’ High met 714 punte en Hans Moore met 579 punte.

Die Anker se dogterspan het net so goed gevaar en met 658 punte koning gekraai. Springs Girls’ High was tweede met 532 punte en Hans Moore tweede met 428 punte.

Twee dogtersatlete van Die Anker het toekennings op die dag gekry, in die vorm van kontantpryse vir die hoogste ABSA punt vir ‘n enkel item.

Jaylene Cloete het die tweede meeste ABSA punte, naamlik 976 punte, vir ‘n enkele item verwerf. Sy het hierdie punte met ‘n tyd van 4:51.40s in die 1500m vir dogters o-14 verwerf.

Anke Nel was derde met 908 ABSA-punte vir haar afstand van 5m in die verspsring vir dogters o-14.

Lache Diedericks (o-14) is aangewys as die Junior Victrix Ludorum. Sy het in die 100m, 200m en hoogspring uitgeblink en meer as 800 ABSA punte bymekaar gemaak.

Related Articles

Back to top button