School sportSport

Ankers ding mee in grootse byeenkoms

Atlete van Hoërskool Die Anker het onlangs aan die Top 10 atletiekbyeenkoms, wat op die sportgronde van Tukkies gehou is, deelgeneem.

Hierdie byeenkoms is die grootste skole-atletiekbyeenkoms in Suid-Afrika, met 64 skole wat vanjaar teen mekaar meegeding het.

Ses seuns en dogters het gekwalifiseer om Die Anker se naam hoog te hou en dit het hulle beslis gedoen.

Jaylene Cloete (o-14) het ‘n goue medalje gewen in die 3000m, met ‘n ABSA-punt van 1111.

Sarah Kiet (o-16) het ook uitsonderlik presteer en ‘n brons medalje gewen in die 1500m.

Die Anker het algeheel 33ste geëindig uit die 64 skole, met ‘n gemiddelde ABSA-punt van 850 oor 10 items.

Die Anker se top 10 prestasies van die dag na aanleiding van hul ABSA-punte was:

Jaylene Cloete (1111), Jalene Cloete (988), Tjaart Scheepers (836), Sarah Kiet (830), JP Fourie (825), Jeandré van Vuuren (811), Henko Oosthuizen (783), Llewelyn Hanekom (780), Sarah Kiet (769) en Christiaan J van Rensburg (766).

Related Articles

 
Back to top button