Brakpan spog met dubbele oorwinning teen Nigel
Brakpan Rugbyklub het Saterdag opnuut hul vorm en vasberadenheid ten toon gestel toe hulle oortuigend teen Nigel gewen het.
Brakpan Rugbyklub het Saterdag teen Nigel, wat die nuwelinge in die Valke se Peregrine-liga is, te staan gekom. Panne, wat tans onoorwonne in die liga is en ook die voorlopers is, het na Nigel gereis vir die kragmeting.
Brakpan het oortuigend met 63–10 gewen. Nigel het die wedstryd met mening aangepak en verskeie groot duikslae op Brakpan uitgevoer.
Nigel het ook elke geleentheid gebruik om aan te val, maar Brakpan was net te opgewasse vir hul opponente.
Panne het reeds met rustyd 43–3 voorgeloop.
LEES OOK: Gesin van Brakpan-Sentraal haweloos ná brand tuinwoonstel in puin lê
Die span het altesaam nege drieë gedruk, wat almal suksesvol verdoel is. Nigel, op hulle beurt, het een drie, een doelskop, asook een strafdoel in punte omgesit.
Brakpan se tweede span het ook ’n goeie dag op die veld beleef en ’n oorwinning van 50–14 teen Nigel aangeteken.
Teen halftyd was hulle reeds in beheer van die wedstryd met ’n telling van 36–7. Agt drieë is deur die Lily Whites gedruk, met vyf suksesvolle doelskoppe.










