Local sport

Brakpan stap weg met drie oorwinnings oor Vereeniging

Brakpan het sy goeie vorm in die Peregrine-liga voortgesit deur Saterdag al drie sy wedstryde teen Vereeniging te wen, met die eerste-, tweede- en o21-span wat almal sukses behaal het.

Brakpan Rugbyklub het sy goeie vorm in die Peregrine-liga voortgesit deur Saterdag al drie sy wedstryde teen Vereeniging te wen.

Hoewel Vereeniging sterk teenstand gebied het, kon die besoekers nie daarin slaag om een van die wedstryde in hul guns te beklink nie.

Brakpan se eerstes moes hard werk vir hul oorwinning, maar het tog met 29-24 geseëvier. Menzi Nxumalo het ‘n uitstekende dag op die veld beleef en is as die eerstes se speler van die wedstryd aangewys.

Die tweedes het ‘n oortuigende 26-7-oorwinning behaal. Ruan Botha het deurgaans beïndruk en is ná die wedstryd as speler van die wedstryd aangewys.

Brakpan se o21-span het ook die wenpad gestap en Vereeniging met 24-13 geklop. Stian de Villiers se goeie spel het hom die speler van die wedstryd toekenning besorg.

Brakpan pak volgende vir Nigel in sy volgende Peregrine-ligawedstryd.


Stian de Villiers was die o21 span se speler van die wedstryd. Foto: Verskaf

Menzi Nxumalo het sy merk vir die eerste span gemaak en is beloon met die speler van die wedstryd toekenning. Foto: Verskaf

ALSO READ: Lythe Pillay targets Commonwealth Games medal after career-best season

ALSO READ: Team South Africa unveils 112-athlete squad for Glasgow Commonwealth Games

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button