Local sport

Gholfdag slaan ’n kolhou vir Tweedy Park

Meer as 90 gholfspelers het saamgespan vir beter veiligheid en ’n veiliger omgewing vir die bejaarde inwoners van die Tweedy Park-kompleks.

Sowat R120 000 is tydens die onlangse Juava Pet Food-gholfdag ten bate van die Tweedy Park-kompleks ingesamel.

Die inisiatief het nie net gholfspelers bymekaargebring nie, maar ook ’n betekenisvolle bydrae gelewer tot die veiligheid en welstand van die kompleks se bejaarde inwoners. Die geleentheid is onder die vaandel van Juava Cares aangebied.

Die fondse sal aangewend word om die sekuriteit by die Tweedy Park-kompleks op te gradeer. ’n Verdere skenking van sekuriteitsligte deur Frikkie Bosman het ook ’n waardevolle bydrae tot die inisiatief gelewer.

Volgens Juava se besturende direkteur, Halvor van Rensburg, lê die inwoners van die kompleks die maatskappy na aan die hart. Daar is veral kommer oor die veiligheid van die kompleks se meestal bejaarde inwoners.

“Ons wou ’n verskil maak deur hoop te bring en te help om ’n veiliger omgewing vir ons geliefde bejaardes te skep,” het Halvor gesê.

“By Juava Cares glo ons dat omgee nie net woorde is nie, maar iets wat ons deur ons dade bewys,” het hy bygevoeg.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button