Duiweklub se uitslae week 5

Brakpan Duiweklub se week 5 uitslae.

Brakpan Duiweklub se uitslae van Saterdag, 6 Julie, in Bloemfontein:

Bloemfontein 3 was ‘n harde wedvlug en, met die bewolkde weer en wind het die duiwe maar stadig huis toe gevlieg.

Die jong duiwe is Saterdag, om 9.15vm, vrygelaat, met ‘n ooste wind.

Die eerste duif is deur Cyril Jasper om 14.47.28 geklok, met ‘n spoed van 1 147.343mpm.

Piet Grobler was tweede, om 14.57.22, met ‘n spoed van 1 145.858mpm, en derde was Hennie Botha.

Hy vlieg as Botha en Kleindogters en hy het om 15.03.18 geklok, met ‘n spoed van 1 127.687mpm.

Met die ope wedvlug wat om 10vm in Bloemfontein oopgemaak is, was die eerste duif tuis dié van

André Smit (Smit Famile Hokke), om 15.45.31, teen ‘n spoed van 1 130.751mpm.
Tweede was Piet Grobler, om 15.48.29, met ‘n spoed van 1 125.746mpm, en derde was Hennie Botha(Botha en Kleindogters), om 15.49.21, teen ‘n spoed van 1 124.299mpm.

Vir verdere informasie, kyk na unie uitslae by www.thu.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button