Heuning- en poeierkwas word geswaai

Jan G de Bruyn skryf per e-pos

Die heuningkwas moet geswaai word vir die volgende plekke:

* Daar is ‘n sekere eetplek in die Mall@Carnival. Chris jy en jou span is die beste in Suid-Afrika. Hou die kwaliteit van jou diens so hoog en bou voort op die vriendelikheid wat altyd daar is. Die kos is, sonder uitsondering, vars en goed voorberei en word perfek voorgesit. Jy gee altyd persoonlike aandag aan al jou kliënte.

* Daar is ‘n supermark, ook in die Mall@Carnival, wat sowat 16 maande gelede nie op standaard was nie. Die groot omwenteling wat plaas gevind het, het julle die nommer een in Suid-Afrika gemaak. Die winkel is altyd skoon en ruik vars. Die rakke is netjies gepak en die personeel is altyd daar om te help.

* Die elektrisiteitsafdeling van die Ekurhuleni Metro. Dankie vir al die harde werk in wyk 31. Nou kan ons weer in die strate ry en sien wat aangaan in die omgewing. Die straatligte werk en die verkeersligte werk. Die kragbokse, wat deur vandale oop gebreek word, word gou herstel. Hou so aan en die belastingbetalers sal julle ten volle ondersteun as hulle sien dat dienste gelewer word. Ons in die RSA moet bly streef om ‘n eerste wêreld standaard te handhaaf.

* Die parke-afdeling van die Ekurhuleni Metro. Dankie dat julle die gemors opruim in Wyk 31; wat daar gelaat word deur mense wat geen trots vir hul omgewing het nie. Dankie vir die gras wat so gereeld gesny word en dankie vir die bome wat korrek gesnoei gaan word (±4m vanaf die grond).

Dan moet die poeierkwas uitgehaal word vir die volgende plekke:

* Die paaie-afdeling van die Ekurhuleni Metro. As daar aan die paaie gewerk word, word die gemors net daar in die veld of op die sypadjie gelaat en ander moet agter julle opruim. Slaggate word so halfhartig toegestop en dit hou nie lank nie dan is die gat al groter en groter. (Dit is nou in Wyk 31).

* Die Sport- en Ontspanning-afdeling van die Ekurhukleni Metro. Hoe lank gaan dit neem om die gemors langs Lowerweg op te ruim? Die kriminele elemente gebruik dit as ‘n wegkruip plek en ‘n handeldryf-plek vir al hulle onwettige dinge. Dit is ook in Wyk 31. Die parke-afdeling kan nie die gras/bome daar sny nie.

* Die beheerliggame/bestuursagentskappe van woonkomplekse lewer uiters swak diens aan eienaars; soos dié wat ons kompleks moet bestuur. Die plek gaan ten gronde maar niks word gedoen nie. Kontrakteurs lewer uiters swak dienste en word hoë tariewe betaal. Eienaars moet saam staan om die euwel in die kiem te smoor of later lyk al ons plekke soos ‘n vierde wêreld se plakkerskamp.

Hiermee wil ek sê: dankie aan die wat presteer en skande aan julle wat so vêr onder presteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button