Dr Esterhuyse Woensdag ter ruste gelê

Die begrafnis van dr Danie Esterhuyse vind Woensdag (12 Februarie) om 11vm vanuit die NG Gemeente Brakpan-Wes plaas.

Die begrafnis van dr Danie Esterhuyse vind Woensdag (12 Februarie) om 11vm vanuit die NG Gemeente Brakpan-Wes plaas.

Hy is verlede Vrydagoggend oorlede nadat hy die vorige dag vermoedelik ‘n hartaanval gehad het.

Daniël Christiaan Esterhuyse (Danie), 59 is op 5 September 1954 in Pretoria gebore.

Hy het in 1972 aan die aan  die Hoërskool Parys gematrikuleer en in 1979 behaal hy die graad MBChB aan die Universiteit van Pretoria.

Dr Danie het in 1983 in Brakpan begin praktiseer waar hy deur die jare ‘n groot vriendekring opgebou en diep spore in die dorp getrap het.

Hy was bekend vir sy liefde vir sy werk maar het ook  ‘n sagte plek vir die bosveld en diere gehad.

Hy was ook ‘n lojale gesinsman en familie mens.

As geneesheer was hy veral geliefd onder die kinders en dit is nie net sy familie en vriende wat geraak is deur sy afsterwe nie maar die hele gemeenskap.

Dr Danie  word oorleef deur sy vrou, Marita, kinders Waldi, Henno en Isel, skoondogter Yolandi en kleinseun Marnus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Stacy Slatter

News editor Stacy Slatter is a seasoned journalist with 20 years of experience in community news. Throughout the years, she has covered a wide range of topics, from crime, municipal news and human interest stories, to sports and community events. Stacy also has extensive sub-editing experience.

Related Articles

Back to top button