Editor's noteEntertainmentLifestyle

Wen kaartjies vir die Ghoema Afrikaanse Musiektoekennings by Carnival City

Wen vier kaartjies na die Ghoema Afrikaanse Musiek Toekennings wat Sondag by Carnvial City plaasvind en sien ook vir Elvis Blue, Kurt Darren, Riana Nel, Joshua na die Reën, Corlea Botha, Jay, Joe Foster en Burgert Botha op die verhoog.

Die room van die Afrikaanse musiekbedryf kom Sondagaand (13 April) bymekaar vir die 13de Ghoema Afrikaanse Musiek Toekennings, wat in die Big Top Arena van Carnival City plaasvind.
Die Ghoema-toekennings is ‘n gesogte viering van die Afrikaanse taal en musiek en die aand word gekombineer met die toekenningseremonie asook optredes deur sommige van Suid-Afrika se voorste kunstenaars.
Vanjaar sal Elvis Blue, Kurt Darren, Riana Nel, Joshua na die Reën, Corlea Botha, Jay, Joe Foster, Burgert Botha en nog vele meer op die verhoog te sien wees.
Ghoemas sal in 25 kategorieë toegeken word, om prestasies van die afgelope jaar te vereer.
Die toekennings sal om 5nm begin.
Die Herald gee twee dubbel kaartjies weg. Al wat jy moet doen, om te kwalifiseer is om ‘n e-pos te stuur aan brakpanherald@caxton.co.za
Sê vir ons in minder as 20 woorde waarom jy graag die toekennings sal wil bywoon. Onthou om ook ‘n kontaktelefoonnommer te meld.
Skryf die woord Ghoema Toekennings in die onderwerplyn.
Die kompetisie sluit Donderdagmiddag om 4nm en die wenners sal Vrydag telefonies in kennis gestel word.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button