Editor's choice
Oorsaak van Brakpan se Kersvader se dood bekend
'n Familielid van Thys Jansen van Vuuren, wat Sondag oorlede is, het bevestig dat die oorsaak van sy dood ‘n hartaanval was.
Die 43-jarige man het bekend geword as Brakpan se Kersvader en het vir die afgelope 21 jaar elke Desember deur Brakpan en naburige dorpe se strate gery in ‘n versierde bakkie.
Hy het lekkergoed aan die kinders uitgedeel en terselfdertyd speelgoed en kos vir die minderbevoorregtes ingesamel.
Hy was Sondagmiddag op sy fiets op pad na sy huis in Tweedyweg toe hy die hartaanval gehad het.
Sy begrafnis vind Woensdag (22 Oktober) vanuit die Brakpan Babtiste Kerk te Mitchell Singel, Brenthurst plaas om 12middag.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



