Geweld teenoor kinders word erger
“Carroll-ann” skryf per e-pos: Met verwysing na die brief in die in die Herald van 17 Oktober. (Vrou klap kind so hard dat hy strompel).

Ek is ‘n ma van twee kinders en ek stem saam dat daar deesdae baie geweld teenoor kinders is.
Ek wonder of dit maar altyd so was en of ons nou net meer bewus word daarvan?
Of is daar regtig groter fout met die mensdom as wat ons besef?
Dit breek my hart waneer ek ‘n ma, veral wat die primêre versorger is, so sien optree.
As enige iemand my kinders so te lyf moes gaan sal ek seker moord pleeg.
Ek wens net daar is iets wat ons daar omtrent kan doen, want jy voel so hulpeloos wanneer jy dit sien.
‘n Mens wil graag optree, maar dan maak jy dit net weer moeiliker vir die arme kindertjies, wat daarmee moet saam leef.
Ek bid vir die hulpelose kindertjies in ons land, want daar is nie hulp vir mense soos daardie vrou nie.



