Drie van anti-kapingseendheid beseer toe hulle op die spoor van verdagtes is
Drie lede van Brakpan se anti-kapingseenheid is vanoggend (Vrydag) beseer tydens ‘n jaagtog in Dalpark 6.

Die ongeluk het ongeveer 11vm plaasgevind toe die lede ‘n verdagte voertuig met drie insittendes gejaag het.
Die drie lede van die anti-kapingseendheid het in ‘n ongemerkte misdaadvoorkomings voertuig gery en het op ‘n draai in Etoshastraat beheer verloor.
Sers Okkie Venter is met ernstige beserings, onder andere ‘n gebreekte pelvis, na die Glynwood Hospitaal in Benoni vervoer.
Konst Jacques Vivier en konst Collin Mashakeni is na dieselfde hospitaal vervoer met minder ernstige beserings.
Die span was juis in die omgewing om patrollies te doen aangesien huisrowe en huisbraak daar aan die toeneem is.
Volgens inligting is ‘n 81-jarige inwoner van Dikbasstaat juis Donderdagaand in haar huis oorval en beroof.



