Editor's choice

Tiener se hand genees goed na vuurwerk dit oopruk

Die hand van ‘n 15-jarige tiener, wat op Oujaarsaand deur ‘n vuurwerk getref is, is besig om mooi te genees.

Die Herald het vroeër vanjaar berig oor die voorval waar Chanté Smuts se hand oopgeruk is deur ‘n vuurwerk toe sy saam met familielede op die Margatestrand was. (Tiener se hand erg beseer deur vuurwerk).

Chanté moes na die ongeluk ‘n operasie aan haar hand ondergaan en daar was op ‘n stadium groot kommer oor die vraag of sy die volle gebruik van haar hand weer sou kon geniet.

Haar ouma, Sandra Smuts, het die week aan die Herald gesê dat dit baie beter gaan.

“Die stut wat sy gedra het is sowat twee weke gelede verwyder en op die oomblik kry sy nog gereeld fisioterapie,” het Smuts gesê.

“Haar dokter het ook aanbeveel dat die fisioterapie nog vir so twee of drie maande moet voortgaan,.

“Die wonde het mooi genees en alhoewel haar pinkie steeds gebreek is, sal ons dit eers op ‘n latere stadium laat herstel.”

“Die moontlikheid van plastiese snykunde om van die letsels ontslae te raak sal ook oorweeg word.”

Smuts het bygevoeg dat Chanté die nuwe skooljaar vol moed aangepak het en dat sy steeds positief bly.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button