CompetitionsEditor's noteLifestyle

Deel jou spesiale Moedersdagfoto met ons

Ons soek ‘n foto wat die spesiale band tussen ‘n ma en haar kind/kinders uitbeeld.

Moedersdag word Sondag (8 Mei) gevier en met die oog hierop is die Herald opsoek na ‘n mooi ma en kind foto.

Ons soek ‘n foto wat die spesiale band tussen ‘n ma en haar kind/kinders uitbeeld.

Dit kan ‘n prettige foto wees, of iets meer ernstig.

Onthou ook die volgende:

* Foto’s moet nie ouer as vier maande wees nie.

* Foto’s moet in jpeg-formaat gestuur word en minstens 1MB wees. Foto’s wat digitaal gemanipuleer is sal nie in ag geneem word nie.

* Die name, vanne en ouderdomme van almal op die foto moet verskaf word.

* Gee ‘n kort beskrywing van die foto, soos waar dit geneem is.

* Die pesoon wat die foto inskryf se naam, van en telefoonnommer moet ook gemeld word.

* Foto’s kan per epos gestuur word, na brakpanherald@caxton.co.za

* Meld die woord, Moedersdagfoto, in die onderwerpboks.

* Foto’s kan ook by ons kantoor te Van der Waltstraat 61, Dalview, ingehandig word.

* Ons sal foto’s aanvaar tot Dinsdagoggend (3 Mei) om 9vm.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button