CompetitionsEditor's choiceLifestyle

Neem ‘n Vadersdagfoto en wen

Die wenfoto sal in die koerant gepubliseer word, maar daar is ook ‘n lekker prys op die spel.

Vadersdag word op 19 Junie gevier en, met die oog hierop, is die Herald opsoek na mooi pa en kind foto’s.

Lesers is welkom om nou reeds vir ons foto’s in te stuur.

Die wenfoto sal in die koerant gepubliseer word, maar daar is ook ‘n lekker prys op die spel.

Die pa wat op die wenfoto verskyn gaan ‘n geskenkpak vol bederf van Chanri’s Coffee House, wat te 755 Voortrekkerweg geleë is, wen.

‘n Paneel beoordelaars sal deur die inskrywings gaan en die beste een kies.

Dit is maklik om in te skryf, maar onthou dat ons op soek is na ‘n foto wat die spesiale band tussen ‘n pa en sy kind/kinders uitbeeld.

Dit kan ‘n prettige foto wees, of iets meer ernstig.

Onthou ook die volgende:

•Foto’s moet nie ouer as vier maande wees nie en slegs inwoners van die dorp kan inskryf.

• Foto’s moet in jpeg-formaat gestuur word en minstens 1MB wees. Foto’s wat digitaal gemanipuleer is sal nie in ag geneem word nie.

•Die name, vanne en ouderdomme van almal op die foto moet verskaf word.

• Geen ‘n kort beskrywing van die foto, soos waar dit geneem is.

• Die pesoon wat die foto inskryf se naam, van en telefoonnommer moet ook gemeld word.

• Foto’s kan per epos gestuur word, na brakpanherald@caxton.co.za

• Meld die woord Vadersdagfotokompetisie in die onderwerpboks.

• Foto’s kan ook by ons kantoor te Van der Waltweg 61, Dalview, ingehandig word.

• Die sluitingsdatum vir die fotokompetisie is Maandag, 6 Junie, om 9vm.

Die wenfoto sal in die uitgawe van 10 Junie gepubliseer word.

Kyk hier na die Moedersdagfoto wenner en inskrywings

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button