EntertainmentLifestyle

Manie Jackson deel van die groot Country Skouspel

Die Country Skouspel spog vanjaar met meer as 14 top Country-kunstenaars op een verhoog en gaan weer ’n heerlike Country ervaring wees.

Die baie gewilde Manie Jackson is vanjaar deel van die groot Country Skouspel by Carnival City se Big Top Arena op Saterdag 18 Junie.

Die Country Skouspel spog vanjaar met meer as 14 top Country-kunstenaars op een verhoog en gaan weer ’n heerlike Country ervaring wees.

Kunstenaars wat gaan optree is Cheree, Manie Jackson, Lance James, Barbara Ray, Tommy Dell, Jody Wayne, Jason Bradley, Maritza, Alwyn Oberholster, The Rodeo Girls, Chantel Williams, Nadine Burness, Sandy Lee en Carlo Leone. Lance James, Barbara Ray en Tommy Dell was verlede jaar deel van die voorprogram toe Kenny Rogers in Suid-Afrika getoer het.

Hierdie kunstenaars gaan ’n spesiale gedeelte van die program afstaan om hulde te bring aan Kenny Rogers. “Rogers is so ’n wonderlike mens en kunstenaar,” sê Lance James.

“Dit was so ’n voorreg om saam met hom te toer en om ook eerstehands sy wonderlike talente te ervaar, dat dit vir ons ’n voorreg gaan wees om hulde te bring aan hierdie wêreldster.”

Manie Jackson is ’n country-sanger in murg en bloed. Sy liedjie, Die Hemel Weet, was ’n oornag treffer en het gelei na verskeie goue en platinum toekennings. Sy vertolking van Dennis East se The Trouble With Love plaas hom lynreg in die Country-genre.

Frans Swart, vervaardiger van Country Skouspel, sê dis vir hom heerlik om weer die skouspel by Carnival City se Big Top Arena aan te bied.

“As mens kyk na die nommer een liedjies op treffersparades wêreldwyd, dan is dit Country liedjies. Ek onthou nog die massiewe Springbok Radio Country Feeste by die Randse Skou en dis presies wat ons weer wil aanbied,” sê Frans Swart.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button