Editor's choiceLifestyleLifestyle and Health

Steek ‘n vuurtjie aan op Braaidag

Hier is ’n paar nuttige wenke om in gedagte te hou.

Saterdag (24 September) is Erfenisdag maar ook Nasionale Braaidag.

Braaivleis is altyd lekker en môre is beslis die ideale dag om ’n vuurtjie aan te steek.

Hier is ’n paar nuttige wenke om in gedagte te hou.

• Dit is maklik om jou braai rooster skoon te maak deur dit met ’n suurlemoen of rou ui te smeer sodra dit begin warm word.

• Jy kan jou eie vuuraanstekers maak deur gebruikte teesakkies te droog. Plaas dan die sakkies in ’n bottel en vul die bottel met lampolie. Gebruik een of meer sakkies om die vuur aan die gang te kry. Gedroogte lemoenskil kan ook gebruik word om ’n vuur mee aan te steek en dit gee ook ’n lekker reuk af.

• Wors bars dikwels oop wanneer dit gebraai word en dan gaan die sappigheid verlore. Om dit te verhoed kan jy die wors in water doop voordat jy dit braai.

• Wanneer jy vleis braai kan jy ’n paar takkies van jou gunsteling kruie op die vuur sit. Dit gee ’n heerlike reuk en sorg ook vir ekstra geur aan die vleis.

• Plaas die vleis wat jy klaar gebraai het op ’n bed gebraaide uie. Dit sal verhoed dat die vleis uitdroog en gee ekstra geur.

• Braaibroodjies is altyd ’n wenner. Die gewone braaibroodjie met tamatie, uie en kaas kan opgekikker word deur fyn gesnyde vars knoffel by te voeg. Dit gee ’n wonderlike smaak. ’n Ander variasie is om blatjang saam met die kaas, tamatie en uie te gebruik. Onthou ook om jou braaibroodjies aan die buitekante ook liggies met botter te smeer. Hier is ’n lekker en maklike resep vir ’n marinade.

Bestanddele:

1 Groot ui, gerasper

250ml Olie

125ml Asyn

250ml Rooi of witwyn

25ml Worcestersous

Knoffelvlokkies en swartpeper na smaak

25ml Tamatiesous

125ml Blatjang

Metode:

Braai die ui in ’n bietjie olie. Voeg al die ander bestanddele by en meng goed.

Marineer die vleis liggies net voordat die vleis gebraai word.

Wenk:

Hierdie is genoeg marinade vir 3kg vleis.

Bevrore tjops en of beesvleis wat bedoel is vir die braai kan net so bevrore in lae gepak word met die marinade.

Die vleis in die marinade kan etlike dae in die yskas gehou word.

Die vleis ontdooi stadig en marineer dan heerlik in die marinade.

Persoonlik dink ek dat jy die vleis so drie dae moet marineer in die marinade.

Bron: Kampkos en Wenke

Lees hier hoe om:
n skottelbraai skoon te maak,
‘n braai pastei te maak,
jou eie braaisout te maak,
jou eie burger patties te maak,
jou eie boerewors pasteie te maak.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button