CompetitionsLifestyle

Tyd raak min om R1 000 te wen met jou Kersfoto

Die sluitingsdatum vir inskrywings is Donderdag.

Read the English version here

Die laaste uitgawe van die Herald verskyn op 23 Desember en, soos in die verlede, vra ons weer vir die publiek om vir ons ’n gepaste voorbladfoto te neem.

Daar is ook hierdie jaar ‘n lekker prys vir die wenfoto.

Vanjaar sal die persoon wat die wenfoto ingestuur het , ‘n R1 000 koopbewys van VC Super Spar, in Dalview, ontvang.

Neem die volgende in ag voordat jy jou foto instuur:

•’n Foto sal slegs oorweeg word indien dit ’n Kersfeestema het, en daar moet ten minste een persoon in die foto wees.

•Die foto moet in j-peg formaat wees en nie digitaal gemanipuleerd wees nie.

•Foto’s moet ook ten minste 1MB groot wees.

•Foto’s mag nie ouer as ’n maand wees nie (dus sal verlede jaar se Kersfeesfoto’s nie werk nie).

Die volgende inligting moet saam met die foto ingestuur word:

• Name, vanne en ouderdomme van al die persone in die foto.

• ’n Kort beskrywing van die foto, insluitend waar en wanneer dit geneem is.

• Naam, van en kontaknommer van die fotograaf.

Indien enige van hierdie inligting ontbreek sal foto’s nie in ag geneem word nie.

Foto’s kan per e-pos gestuur word na brakpanherald@caxton.co.za, of jy kan die foto by ons kantoor, te Van der Waltweg 61, Dalview, inhandig.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is Donderdag (15 Desember) om 9vm.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button