
Martie Nel skryf per e-pos:
Ek is ‘n 64-jarige vrou en het Dindsdag (6 Desember) in Thomasstraat, Brenthurst gery. Dit was ongeveer 12-middag en dit was ontsettend warm.
Ek het oor ‘n skroef in die pad gery en die band van my voertuig was binne sekondes heeltemal pap.
Ek kon nie verder ry nie en was in groot nood.
‘n Vrou en haar jong seun het by my stilgehou en groot was my verligting aangesien ek in Sunair Park woon.
Die jongman het die band vinnig omgeruil en was sopnat gesweet
Ek wil aan hulle sê baie baie dankie, ek het dit baie waardeer.
En ja, wat ‘n wonderlike vriendelike man; dit wys jou wat ‘n wonderlike plek Brakpan nog is.
Lees ook:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



