Rock in my Taal by Carnival City
Die Heuwels Fantasties word bewonder vir hul unieke musiek en energieke optredes, en hul bewonderaargetalle het sedert hulle ontstaan in 2008 geweldig toegeneem.
Francois van Coke en sy groep, Die Gevaar, gaan vanjaar op publieke aandrang die verhoog met Die Heuwels Fantasties, Saarkie en vele meer deel by Rock in my Taal, die Afrikaanse rock-geleentheid van die jaar.
Francois van Coke se sololoopbaan het in April 2015 met ’n knal afgeskop toe hy sy gelyknamige debuutsoloalbum geloods het.
Die Heuwels Fantasties word bewonder vir hul unieke musiek en energieke optredes, en hul bewonderaargetalle het sedert hulle ontstaan in 2008 geweldig toegeneem.
Saarkie het die afgelope tien jaar diep spore kom trap in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en kan deesdae beskryf word as die land se gunsteling vroulike rockgroep.
Rock in my Taal vind môre (Saterdag) plaas om 8nm by Carnival City se Big Top Arena.