Spring gou vir ‘n stalletjie by die Pannefees
Die organiseerders beloof ’n propvol program met bekende kunstenaars soos Theuns Jordaan, Die Heuwels Fantasties, Juan Boucher en Touch of Class, wat deur die loop van die naweek gaan optree.
Inwoners van die dorp kan solank hulle vere regskud vir die Pannefees, wat vanjaar vanaf 25 tot 27 Augustus aangebied word.
Die Pannefees vind die jaar oor drie dae plaas en nie slegs op Vrydag en Saterdag soos dit voorheen die geval was nie.
Die organiseerders beloof ’n propvol program met bekende kunstenaars soos Theuns Jordaan, Die Heuwels Fantasties, Juan Boucher en Touch of Class, wat deur die loop van die naweek gaan optree.
’n Hoogtepunt vanjaar is ’n boereorkes kompetisie wat op 26 Augustus vanaf 2nm tot 6.30nm sal plaasvind.
Agt orkeste, naamlik Die Kleilatte, Craft Orkes, Neil Robbertse, die Vasvat Orkes, Die Oosrand se kêrels, Juan Vermaak, die Alternatief Boere Orkes en Paul Roodt sal op die dag sake uitspook.
Die organiseerders het ook die versekering gegee dat daar genoeg vermaak vir die jonger geslag sal wees.
Meer as genoeg kosstalletjies sal sorg dat niemand honger of dors lei nie en die reuse vlooimark sal die ideale geleentheid bied om solank Kersinkopies te doen.
Die fees word op die sportgronde van Laerskool Die Arend gehou. Op 25 Augustus open die hekke om 2nm. Op die 26ste en 27ste sal die hekke om 8vm open.
Persone wat algemene inligting oor die Pannefees wil bekom kan vir Johan Wolmarans by 084 511 7332 kontak.
Gesina Griffin kan in verband met die stalletjies gekontak word. Haar nommer is 083 513 0900.
Lees ook:
Pannefees word goed ondersteun
Volg ons:



