Die 4x4-baan was, soos in die verlede, weer ’n groot trekpleister.
Die dag het nie teleurgestel nie en ’n top gehalte skou is deur vele geniet.
So bietjie beskerming teen die warm son. Op die foto (van links) is Maya Botha, Gerhard Lotz, Marnus Agrella en Siphiwe Mabaso wat die Just Wheels Motorskou Saterdag geniet het.Pa en seun, die twee Peter Spittel’s, het pret op die 4×4-baan gehad.Elize Blaauw (links), Jackie Cowell en Denise Shirley in een van die vele vlooimarkstalletjies wat die skougangers kon besoek.Die skou is deur jonk en oud bygewoon. Op die foto (van links) is: Jordan Limford, Tatiana Pento, Jeané Vuyk en Amor van Niekerk.Corné van Driel in sy 4×4-voertuig net voor hy op die 4×4-baan die wiele aan die rol sit.Ben van Dyk van die Just Wheels Club in sy bloedrooi Shelby Cobra.Liefhebbers van klassieke en hedendaagse motors het ’n fees gehad. Die twee ou Ford-staatmakers was twee van die vele voertuie op die skou.Die Just Wheels Motorskou het Saterdag by die Muriel Brand Skool plaasgevind. Vele aktiwiteite is gepaardgaande met die motorskou aangebied. ’n Militêre uitstalling was een van die elemente wat van die skou ’n sukses gemaak het. Op die foto (van links) staan Celso Dos Santos, Pierre de Mardix en Marc Quesnel.