Egpaar is ware staatmakers

“Ons is trots op die werk wat ons doen, en ons is nie gepla oor wat mense te sê het nie.”

Die spreekwoord “van sit en staan kom niks gedaan” is 100 persent in die kol wanneer dit by ’n egpaar van die La Quinta Kompleks, wat in Dalpark Een geleë is, kom.

Jan (61) en Lynette (60) van Tonder sit al lankal nie meer agteroor en wag dat dinge in hul kompleks en woonbuurt gebeur nie.

Die egpaar wat 39 jaar getroud is, het ’n aansteeklike lus vir die lewe en hou daarvan om heeldag besig te bly.

In die gemeenskap van Dalpark is hulle gesigte ook goed bekend.

Dit het deel van hul daaglikse roetine geword om hul kompleks en omgewing netjies te hou en met instandhoudingswerk te help waar hulle kan.

ALSO READ:

 Ongeluk eis Brakpan egpaar wat op pad was na troue

“Jan sit nie stil nie, hy is altyd besig. As hy nie die gras sny nie dan help hy iemand met iets,” het Lynette vertel.

“Ons stap elke dag deur die woonbuurt en ons verlaat nie die huis sonder handskoene en ’n swartsak nie.

“Ons maak elke dag ’n sak vol met papiere en rommel wat ons optel.”

 

Jan het vertel: “Die munisipaliteit vat hopeloos te lank om dinge gedoen te kry, so ek spring sommer in en doen dit self.

“’n Wyle terug het die gras buite ons kompleks, wat oor sowat 800m strek, amper ’n meter hoog gestaan.

“Ek het op ’n Saterdag my kantsnyer gevat en al die gras self gaan sny.

“Nou hou ek die gras op ’n gereelde basis in toom en dit lyk sommer stukke beter.”

Lynette het vertel dat Jan en drie ander inwoners van die kompleks op ’n slag self teer gaan koop het en die slaggate binne in die kompleks reg gemaak het.

“Ons wil trots wees op die plek waar ons bly.

“Wanneer daar instandhouding gedoen moet word, weet almal al waar om hulp te kry,” het Lynette gesê.

“Jan is nou die dag gevra om die palisades teen ’n veld naby ons kompleks te gaan regmaak.

“Toe ek weer sien het hy die kragopwekker en sweis lamp op die bakkie gelaai en daar gaan hy.

“Ons beplan nie wat ons gaan aanpak nie, as ons iets sien wat gedoen moet word dan doen ons dit.

“Ons bure offer ook gereeld om te help. Jacques du Preez en Phillip Letswalo, rol gereeld moue op om te help.

“Ons is trots op die werk wat ons doen, en ons is nie gepla oor wat mense te sê het nie.

————————“Ons bly vreeslik lekker en die inwoners van ons kompleks het Dinsdag (op die vakansiedag) saam ’n braai geniet.”

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 Follow us:

    

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button