Brakpan sopkombuis vier vier jaar se gemeenskapsdiens
Die sopkombuis deel kos uit aan behoeftiges elke tweede Vrydag, en bedien ook vier skole in die dorp.
’n Brakpan-gebasseerde sopkombuis, wat elke tweede Vrydag kos oorkant J&G Auto Electrical and Mechanics in Voortrekkerweg uitdeel, vier hierdie maand sy vierjarige bestaan in diens van die gemeenskap.
Die groep bedien weekliks sowat 400 borde kos aan minderbevoorregte skoolkinders by vier skole, en elke tweede week word ongeveer 200 borde kos oorkant J&G uitgedeel.
Die inisiatief is deur Ordette Lottering van J&G van stapel gestuur en het deurlopend gegroei, met ondersteuning van verskeie plaaslike besighede wat borge en hande gee om die kos te maak, te verpak en uit te deel.
Verder probeer die groep elke jaar ’n Kersfeespartytjie vir die dorp se minderbevoorregte kinders reël, waar elke kind kos, drinkgoed, lekkergoed en ’n persoonlike geskenk ontvang.



