Local newsNews

Dalpark-tiener kwalifiseer vir internasionale kompetisie in Amerika

Met honderde titels agter haar naam, hou Natalie Krause aan om te beïndruk.

Dalpark-inwoner Natalie Krause (18), wat reeds honderde skoonheidstitels agter haar naam het, het onlangs nóg ’n titel bygevoeg.

Dié keer is sy as Mini Miss RSA gekroon tydens ’n geleentheid wat by Wawielpark buite Potchefstroom plaasgevind het.

Sy is as die algehele wenner aangewys met die hoogste puntetelling in al haar kategorieë.

Sy het ook toekennings ontvang as beste senior talent wenner en beste senior “funky fashion”-wenner.


LEES OOK: Laerskool Môrewag hoofdogter reik uit na behoeftige leerders met skenking van skoene


Met dié uitsonderlike prestasie het sy ook gekwalifiseer om in Julie in Amerika aan die International Girl byeenkoms, wat in Atlanta plaasvind, deel te neem.

Natalie, wat reeds op vyfjarige ouderdom met modelwerk begin het, is baie tuis op die loopplank en die verhoog, maar was tog effens senuweeagtig oor die kompetisie.

Die onderhoude met die deelnemers het 50 persent van die puntetelling uitgemaak, en die vrae wat sy direk op die verhoog moes beantwoord, was ook ’n nuutjie vir haar.


LEES OOK: Fill a bag with books or clothes for R100 at Brakpan SPCA’s Bargain Barkers Thrift Store


“Sy het egter met ‘n huppel in haar stap en laggend uit die onderhoude gekom en dit eintlik baie geniet,” vertel haar ma, Mariette.

“Die kompetisie het oor drie dae gestrek en die skedule was veeleisend, maar ek het elke oomblik geniet,” sê Natalie.

“Ek beplan om die titel te gebruik om voort te bou op my gemeenskapswerk in die dorp, en veral te fokus op ons bejaardes,” het sy bygevoeg.

Natalie het verlede jaar haar matriek aan Hoërskool Die Anker voltooi en neem tans ’n tussenjaar (gap year) voordat sy haar as ’n lugwaardin wil bekwaam.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button