Brief: Vrees vir plundering ná Eventide Ouertehuis se sluiting

Die eens geliefde ouetehuis staan nou leeg, en inwoners vrees dit is net ’n kwessie van tyd voor dit begin verval.

Arnold Peens skryf per e-pos:

Ek was geskok toe ek in die Brakpan Herald lees dat die Eventide Ouetehuis na soveel jare nou ook toegemaak het. (Families in shock over closure of old age home)

Toe ek baie jonger was, was my pa se broer daar en ek het baie kere saam met my ma en my daar gaan kuier.

Dit was ‘n goeie plek wat mooi na die mense gekyk het.

Wat my nou pla is dat die plek gaan leeg staan en stuk vir stuk weggedra sal word soos al die ander plekke in die dorp.

Daar is die ou biblioteek wat nou net ‘n vuil nes is en waarvan net die buitemure nog staan. Die plek is heeltemal vernietig en dit was een van die mooiste geboue in die dorp.


ALSO CHECK: Sudden closure of Eventide Old Age Home sends shockwaves through community


Daar is ook die ou Brakpan Rolbalklub wat vernietig is en uiteidelik aan die brand gesteek is. Daar was die tennisklub langs die rolbalklub, wat jare terug vernietig is.

My voorspelling is dat dit die voorland gaan word van die Eventide Ouetehuis. As iemand nie vining ‘n plan maak om daardie gebou te beveilig nie gaan dit eers van binne gestroop word en dan gaan die dak en vensterrame waai. Al wat gaan oorbly is die mure.

Ek en my vrou bly al van 1967 in Brakpan en dit is baie hartseer om te sien hoe dinge by die dag agteruit gaan.

Nie eers die munisipale kantore waar ons elke maand ons water en ligte gaan betaal word onderhou nie. Die gras is lank en die tuine bestaan nie eers meer nie.

Ek spreek my seën uit oor die Eventide gebou en hoop en bid dat die gebou behoue sal bly en ten goede gebruik sal word en dat diewe en skelms dit nie stuk vir stuk wegdra nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Supplied content

This content originated outside of Caxton Local Media, but we thought that you might find it interesting.

Related Articles

Back to top button