Local newsNews

KYK: Brakpan Boksklub slyp boksers vir nasionale kwalifiseringsrondes

Brakpan se boksers het teen ander klubs geboks om hulle vaardighede op te skerp voor die kwalifiseerders.

Die Brakpan Boksklub het Saterdag by Cosy Corner ’n opelug-bokstoernooi aangebied waar plaaslike boksers die geleentheid gekry het om hul vaardighede op te skerp en waardevolle wedstrydervaring op te doen ter voorbereiding vir die komende nasionale kwalifiseringsrondes.

Die dag se aksie het met verskeie skougevegte afgeskop voordat die amptelike gevegte begin het.

In opwindende kragmetings het boksers van verskillende klubs hul staal gewys, met die blou hoek wat in bykans elke geveg as oorwinnaar uit die stryd getree het.

Net die derde geveg het nie in die blou hoek se guns geëindig nie.


@brakpan_herald

Brakpan Boksklub het Saterdag, 9 Mei ‘n opelug toernooi gehou vir hul boksers om voor te berei vir nasionale kwalifiseerders wat om die draai is. Daar was skougevegte voor die toernooi, wat by Cosy Corner gehou is. #brakpan #boxing #sport

♬ original sound – Brakpan_Herald

Die tweede geveg tussen ’n bokser van die Bert Collins Boksklub en een van Fight With Insight is met ’n “referee stopped contest” beëindig nadat die bokser in die rooi hoek nie verder kon voortgaan nie.

Die sewende geveg tussen Super Tigers en die Kempton Park Boksklub het in Kempton Park se guns geëindig nadat die bokser in die rooi hoek die geveg in die derde ronde moes staak.

Die hoogtepunt van die toernooi was die kragmeting tussen Brakpan se JP Visagie en Eden Park Boksklub se Numeri Mutungutungu.

Visagie het die oorwinning behaal, maar albei boksers is vir hul vertonings beloon. JP het die trofee vir beste binnebokser ontvang, terwyl Numeri as beste buitebokser aangewys is.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button