Local newsNews

Brief: Stygende kostes en swak produkte maak die lewe moeilik

Verbruikers wat reeds finansieel sukkel, behoort nie met vrot of swak produkte huis toe te gaan nie, sê ’n Dalview-pensionaris.

Pensionaris van Dalview skryf:

Dit is nie ’n geheim dat die daaglikse lewenskoste styg tot vlakke waar dit moeilik raak om kop bo water te hou nie.

Ek en my vrou (ons is 71 en 69) het so goed as wat ons kon voorsiening gemaak vir ons aftrede, maar ons is geensins in rustige water nie.

Wat my baie woedend maak, is die feit dat besighede uit hul pad gaan om die publiek te bedrieg en te verneuk net waar hulle kan.

Dit is seker reg om te sê dat dit darem nie al die besighede is nie, maar daar is vele sondebokke.
Ons kyk na pryse voor ons koop en draai elke sent om, maar word steeds uitgebuit.

Baie gereeld koop ons voorafverpakte vleis (want dit is goedkoper), net om te vind dat die stukke wat bo in die pak lê, pragtig is, maar onder is die gemors versteek.


ALSO READ: Letter: Brakpan Fire Department praised for swift response


Ons het nou die dag sopgroente gaan koop en dit was dieselfde storie. Op die oog af lyk dit goed, maar onder was slymerige, verrottende blare.

Dit werk mos nie so nie. Baie mense sukkel en dit gaan nie beter raak met die huidige situasie van die brandstof- en dieselpryse nie.

Moet besigheidseienaars nie maar uitkyk vir die publiek wat hulle ondersteun nie? Hulle voel nie die druk so erg nie, want hulle verhoog bloot hul pryse.

Maar hulle verhoog hul pryse en handhaaf nie die standaard nie.

Daar is mense daar buite wat hul laaste paar randjies gebruik om iets te koop, en daardie mense wil nie by die huis kom en vrot of lae-gehalte produkte, wat op slim maniere versteek is, kry nie.


ALSO READ: Brakpan SAPS invites community to monthly stakeholders meeting

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button